EXODUS 1:1-7

EXODUS 1:1-7 AFR53

EN dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin: Ruben, Símeon, Levi en Juda; Íssaskar, Sébulon en Benjamin; Dan en Náftali, Gad en Aser. En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte. En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag. Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.

Video vir EXODUS 1:1-7