Jakob se seuns en hulle gesinne het saam met hom na Egipte toe gegaan. Hulle was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, Benjamin, Dan, Naftali, Gad en Aser. Josef was toe alreeds in Egipte. Jakob het op daardie stadium alreeds 70 nasate gehad. Josef en sy broers en daardie hele geslag is met verloop van tyd dood. Die Israeliete was egter vrugbaar en het baie kinders gehad. Om die waarheid te sê, hulle was naderhand so baie en invloedryk dat hulle oor die hele land gewoon het.
Lees EKSODUS 1
Luister na EKSODUS 1
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: EKSODUS 1:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's