En ek het soos die stem van 'n groot menigte gehoor en soos die stem van baie waters en soos die stem van geweldige donderslae wat sê: Halleluja, want die Here God, die Almagtige, regeer. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom, en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en wit fyn linne, want die fyn linne is die geregtigheid van die heiliges. En Hy sê vir my: Skryf: Geseënd is die wat na die bruilofsmaal van die Lam geroep is. En hy sê vir my: Dit is die ware woorde van God.
Lees Openbaring 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 19:6-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's