Psalms 40:1-5

Psalms 40:1-5 CAB23

Ek het geduldig op die HERE gewag; en hy het na my neergebuig en my geroep gehoor. Hy het my ook uit 'n afgryslike kuil, uit die modderige klei laat optrek en my voete op 'n rots gestel en my weë bevestig. En Hy het 'n nuwe lied in my mond gelê, lof tot eer van onse God; baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou. Welgeluksalig is die man wat die HERE vertrou en die hoogmoediges nie ag nie en nie die wat afwyk tot leuens nie. Baie, HERE my God, is u wonderwerke wat U gedoen het, en u gedagtes wat tot ons gerig is; dit kan nie vir U gereken word nie; genommer word.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid