PSALMS 40:1-5

PSALMS 40:1-5 NLV

Ek het met hunkering op die HERE gewag. Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ’n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ’n nuwe lied gegee, ’n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die HERE vertrou. Geseënd is die mens wat op die HERE vertrou, wat hom nie wend na hooghartiges, of vertrou op vals gode nie.

Video for PSALMS 40:1-5