Nou dan, onse God, die grote, die magtige en die vreeslike God, wat verbond en barmhartigheid hou, laat al die moeilikheid nie gering wees voor U wat oor ons gekom het, oor ons konings, oor ons vorste en oor ons priesters en oor ons profete en oor ons vaders en oor u hele volk, van die tyd van die konings van Assirië af tot vandag toe. Maar U is regverdig in alles wat oor ons gebring word; want U het reg gedoen, maar ons het goddeloos gehandel. Ook ons konings, ons vorste, ons priesters en ons vaders het nie u wet onderhou nie en nie geluister na u gebooie en u getuienisse waarmee u teen hulle getuig het nie. Want hulle het U nie gedien in hulle koninkryk en in u groot goedheid wat U aan hulle gegee het, en in die groot en vet land wat U aan hulle gegee het nie, en hulle het nie van hulle bose werke afgewend nie. Kyk, ons is vandag diensknegte, en vir die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrugte daarvan en die goeie daarvan te eet, kyk, ons is diensknegte daarin. En dit gee groot opbrings vir die konings wat U oor ons aangestel het vanweë ons sondes; ook heers hulle oor ons liggame en oor ons vee, volgens hulle wil, en ons is in groot benoudheid. En ter wille van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en skryf dit op; en ons vorste, Leviete en priesters, verseël dit.
Lees Nehemia 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 9:32-38
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's