Klaagliedere van Jeremia 3:21-24
Klaagliedere van Jeremia 3:21-24 CAB23
Dit herinner ek my in gedagte, daarom hoop ek. Dit is uit die barmhartighede van die HERE dat ons nie verteer is nie, omdat sy medelye nie ophou nie. Hulle is elke môre nuut: groot is u trou. Die HERE is my deel, spreek my siel; daarom sal ek op hom hoop.