Jesaja 55:10-13

Jesaja 55:10-13 CAB23

Want soos die reën en die sneeu uit die hemel neerdaal en nie daarheen terugkeer nie, maar die aarde natmaak en dit laat uitspruit en uitbot, sodat dit saad kan gee aan die saaier en brood aan die eter. So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal volbring wat My behaag, en dit sal voorspoedig wees in alles waarheen Ek dit gestuur het. Want julle sal uitgaan met blydskap en met vrede gelei word: berge en heuwels sal voor julle uitbreek in gejubel, en al die bome van die veld sal hande klap. In die plek van 'n doring sal 'n sipres opkom, en in die plek van 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees as 'n Naam, as 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.