JESAJA 55:10-13

JESAJA 55:10-13 NLV

Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap! Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die HERE, ’n blywende teken van sy mag en liefde.”

Video for JESAJA 55:10-13