Jesaja 55:10-13

Jesaja 55:10-13 AFR20

Ja, soos reën en sneeu uit die hemel afkom en nie daarheen terugkeer nie, maar die aarde deurdrenk en plante laat voortbring, dit laat uitspruit, en so saad gee vir die saaier en voedsel vir dié wat eet, net so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: Dit sal nie vrugteloos na My terugkeer nie, maar doen wat Ek wil hê, en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. “ Ja, met vreugde sal julle wegtrek, en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal voor julle in jubelkrete uitbreek, en al die bome van die veld sal hande klap. In die plek van doringstruike sal sipresse groei; in die plek van distels sal mirtebome opkom. Dit sal vir die HERE tot roem wees; as 'n ewige teken, sal dit nie afgekap word nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid