Deuteronomium 31:6-7

Deuteronomium 31:6-7 CAB23

Wees sterk en vol moed, bevrees nie en wees nie vir hulle bevrees nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Toe roep Moses Josua en sê vir hom voor die oë van die hele Israel: Wees sterk en vol moed, want jy moet saam met hierdie volk gaan na die land wat die HERE aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy moet hulle dit laat beërwe.