En Elísa het weer in Gilgal aangekom, en daar was gebrek in die land; en die profete-seuns het voor hom gesit; En een het uitgegaan in die veld om kruie te pluk, en hy het 'n wilde wingerdstok gevind en sy skoot vol daarvan gepluk en gekom en dit in 'n pot pot gesny, want hulle het dit nie geken nie. Hulle het toe uitgegooi vir die manne om te eet. En terwyl hulle besig was om van die kos te eet, het hulle uitgeroep en gesê: O man van God, daar is dood in die pot! En hulle kon nie daarvan eet nie. Maar hy sê: Bring dan meel. En hy het dit in die pot gegooi; en hy sê: Gooi uit vir die volk, dat hulle kan eet. En daar was geen kwaad in die pot nie.
Lees 2 Konings 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 4:38-41
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's