Psalms 69:1-12

Psalms 69:1-12 AFR20

Vir die •musiekleier. Op “Narsings”. Van Dawid. Verlos my, o God, want water het tot by my keel gekom. Ek het weggesink in diep modder, en daar is geen vastrapplek nie; ek het in diep water beland, en die vloed gaan my meesleur. Ek is uitgeput van my geroep, my keel is al hees. My oë is vermoeid van wag op my God. Meer as die hare op my kop is hulle wat my sonder rede haat. Hulle wat my wil vernietig, is ontelbaar, hulle wat my ten onregte haat. Wat ek nie geroof het nie, moet ek nou teruggee. O God, U self ken my dwaasheid; my skuld is nie vir U verborge nie. Laat hulle wat op U wag nie deur my toedoen beskaamd staan nie, HERE my Heer, Heerser oor alle magte. Laat hulle wat U soek nie deur my toedoen verneder word nie, o God van Israel. Dit is immers oor U dat ek bespotting moet verduur, dat my gesig met skaamte bedek is. Ek is vervreem van my broers, 'n vreemdeling vir my moeder se kinders. want die hartstog vir u huis het my verteer. Die bespotting waarmee hulle U bespot, moes ek verduur. Toe ek getreur het terwyl ek vas, is ek bespot. Toe ek rouklere aangetrek het, het ek vir hulle 'n spotnaam geword.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 69:1-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid