PSALMS 69:1-12

PSALMS 69:1-12 NLV

Red my, o God! Die vloedwaters is reeds tot by my keel. Dieper en dieper sink ek in modder, met geen plek om te staan nie. In diep waters het ek beland, en die stroom oorweldig my. Ek is uitgeput van roep om hulp. My keel is hees en my oë dof, terwyl ek wag dat God my help. Hulle wat my haat sonder oorsaak is meer as die hare op my kop. Talryk is hulle wat my wil vernietig, en dit sonder oorsaak. My vyande is leuenaars wat eis dat ek teruggee dit wat ek nie gesteel het nie. O God, U weet hoe dwaas ek is; ek kan my skuld nie vir U wegsteek nie. Moenie dat hulle wat op U vertrou, deur my beskaam word nie, oppermagtige HERE, die Almagtige. Moenie dat hulle wat U dien deur my verneder word nie, o God van Israel. Om u ontwil moet ek veragting verduur, is ek tot skande gemaak. Vir my broers het ek ’n onbekende geword, ’n vreemdeling vir die seuns van my moeder. ’n Ywer vir u huis brand in my, die beledigings teen U gemik, tref ook vir my. Wanneer ek huil terwyl ek vas, moet ek hulle beledigings verduur. Wanneer ek rouklere aantrek, skeer hulle met my die gek.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 69:1-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid