PSALMS 69:1-12
PSALMS 69:1-12 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Blomme.” Van Dawid. O God, U moet my red, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesink in diep modder, ek het niks waarop ek kan staan nie. Ek het in diep water gekom, en die watervloed spoel bo-oor my. Ek is moeg van roep en vra dat U my moet help, my keel brand, my oë het dof geword, want ek hou aan om te wag vir my God. Die mense wat my haat, is meer as die hare op my kop, maar ek het niks verkeerd gedoen nie. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf, is baie. Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar hulle is my vyande. Hulle wil hê dat ek iets moet teruggee wat ek nie gesteel het nie. O God, U self weet dat ek 'n dwaas is, U weet van alles wat ek gedoen het wat verkeerd is. My Here, Here wat oor alles regeer, daar is mense wat in U glo. U moenie dat hulle voel hulle verloor teen hulle vyande oor iets wat ek gedoen het nie. God van Israel, daar is mense wat glo dat U hulle sal help. U moenie dat hulle vyande hulle verneder nie. Want dit is oor Ú dat mense my beledig en dat hulle dit sleg laat gaan met my. My eie broers ken my nie meer nie, ek is vir hulle soos iemand uit 'n ander land. Ek kry swaar omdat ek so lief is vir u tempel. Die mense wat my beledig, is die mense wat vir Ú wil beledig. Hulle het my beledig toe ek gehuil en gevas het. Hulle het my gespot toe ek rouklere aangetrek het.
PSALMS 69:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies.” 'n Psalm van Dawid. Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom. Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my. Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God. Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee. O God, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie. Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel! Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig. Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder. Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval. Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword. Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.
PSALMS 69:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van Dawid. Red my, o God, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het. Ek het my moeg geroep om hulp, my keel is hees geroep, selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het. Dié wat my sonder rede haat, is meer as die hare op my kop. Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk. My vyande dwing my met vals beskuldigings om af te gee wat ek nie geroof het nie. U weet hoe sondig ek is, o God, my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie. Here, almagtige God, moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie. God van Israel, moenie dat dié wat by U hulp soek, deur my toedoen beskaam word nie. Omdat ek op U vertrou, word ek beledig en verkleineer. Ek het vreemd geword vir my broers, my familie wil my nie meer ken nie. Omdat ek u huis liefhet, moet ek ly; die beledigings teen U het ook vir my getref. Ek het gevas en gehuil en daarvoor net beledigings gekry. Ek het rouklere aangetrek, maar hulle het met my gespot.
PSALMS 69:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Op “Narsings”. Van Dawid. Verlos my, o God, want water het tot by my keel gekom. Ek het weggesink in diep modder, en daar is geen vastrapplek nie; ek het in diep water beland, en die vloed gaan my meesleur. Ek is uitgeput van my geroep, my keel is al hees. My oë is vermoeid van wag op my God. Meer as die hare op my kop is hulle wat my sonder rede haat. Hulle wat my wil vernietig, is ontelbaar, hulle wat my ten onregte haat. Wat ek nie geroof het nie, moet ek nou teruggee. O God, U self ken my dwaasheid; my skuld is nie vir U verborge nie. Laat hulle wat op U wag nie deur my toedoen beskaamd staan nie, HERE my Heer, Heerser oor alle magte. Laat hulle wat U soek nie deur my toedoen verneder word nie, o God van Israel. Dit is immers oor U dat ek bespotting moet verduur, dat my gesig met skaamte bedek is. Ek is vervreem van my broers, 'n vreemdeling vir my moeder se kinders. want die hartstog vir u huis het my verteer. Die bespotting waarmee hulle U bespot, moes ek verduur. Toe ek getreur het terwyl ek vas, is ek bespot. Toe ek rouklere aangetrek het, het ek vir hulle 'n spotnaam geword.
PSALMS 69:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Red my, o God! want die waters het in my siel ingekom. Ek sink in diep modder, waar daar geen stand is nie; ek het in diep waters gekom, waar die strome my oorstroom. Ek is moeg van my gehuil, my keel is droog, my oë verswak terwyl ek op my God wag. Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; hulle wat my wou vernietig, omdat hulle my vyande is, is magtiges; toe het ek teruggegee wat ek nie weggeneem het nie. O God, U ken my dwaasheid; en my sondes is nie vir jou verborge nie. Laat die wat op U wag, nie beskaamd staan om my ontwil nie, HERE HERE van die leërskare; laat die wat U soek, om my ontwil nie beskaamd staan nie, o God van Israel. Want om U ontwil het ek smaad gedra; skaamte het my aangesig bedek. Ek het 'n vreemdeling geword vir my broers en 'n vreemdeling vir my moeder se kinders. Want die ywer van u huis het my verteer; en die smaad van die wat jou smaad het, het op my geval. Toe ek geween het en my siel met vas getugtig het, was dit tot my smaad. Ek het ook rouklere my kleed gemaak; en ek het vir hulle 'n spreekwoord geword. Die wat in die poort sit, praat teen my; en ek was die lied van die dronkaards.
PSALMS 69:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Red my, o God! Die vloedwaters is reeds tot by my keel. Dieper en dieper sink ek in modder, met geen plek om te staan nie. In diep waters het ek beland, en die stroom oorweldig my. Ek is uitgeput van roep om hulp. My keel is hees en my oë dof, terwyl ek wag dat God my help. Hulle wat my haat sonder oorsaak is meer as die hare op my kop. Talryk is hulle wat my wil vernietig, en dit sonder oorsaak. My vyande is leuenaars wat eis dat ek teruggee dit wat ek nie gesteel het nie. O God, U weet hoe dwaas ek is; ek kan my skuld nie vir U wegsteek nie. Moenie dat hulle wat op U vertrou, deur my beskaam word nie, oppermagtige HERE, die Almagtige. Moenie dat hulle wat U dien deur my verneder word nie, o God van Israel. Om u ontwil moet ek veragting verduur, is ek tot skande gemaak. Vir my broers het ek ’n onbekende geword, ’n vreemdeling vir die seuns van my moeder. ’n Ywer vir u huis brand in my, die beledigings teen U gemik, tref ook vir my. Wanneer ek huil terwyl ek vas, moet ek hulle beledigings verduur. Wanneer ek rouklere aantrek, skeer hulle met my die gek.