My Heer, hoe lank gaan U toekyk? Red my lewe van hulle vernietiging, my enigste lewe van die jong leeus. Dan sal ek U prys in 'n groot vergadering, tussen 'n menigte mense sal ek U loof. Laat my vyande hulle nie valslik oor my verheug nie, laat hulle wat my sonder rede haat, nie met die oog knik nie; want dit is nie vrede waaroor hulle praat nie. Teen die mense wat stil is in die land versin hulle woorde van bedrog. Ja, hulle rek hulle monde wyd oor my; hulle sê: “Aha! Aha! Ons het dit self gesien!” U het dit tog gesien, HERE, moet tog nie stilbly nie, my Heer, moenie ver van my af bly nie! Word wakker! Staan op vir my regte, vir my verdediging, my God en my Heer. Handhaaf my reg volgens u reg, HERE, my God, laat hulle nie oor my bly wees nie. Laat hulle nie in hulle hart sê, “Aha, net wat ons wou hê!” nie. Laat hulle nie sê, “Ons het hom verslind!” nie. Laat dié wat hulle oor my teenspoed verbly, almal saam beskaamd en verleë staan; laat skaamte en vernedering hulle soos klere bedek, dié wat hulle teen my groot hou. Mag dié wat graag wil hê dat reg aan my geskied, juig en bly wees en mag hulle aanhoudend sê: “Groot is die HERE, wat vrede vir sy dienskneg begeer!” My tong sal dan mymerend bly prewel oor u geregtigheid, die hele dag lank oor die lof wat U toekom.
Lees Psalms 35
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 35:17-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's