PSALMS 35:17-28
PSALMS 35:17-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig. Dan sal ek U in 'n volle vergadering dank en voor die hele gemeente prys. Moenie dat hulle wat sonder rede my vyande is, hulle verlustig in my leed nie. Moenie dat dié wat my sonder aanleiding haat, hulle verlustig in my leed nie. Hulle wil nie vrede hê nie, hulle kom met vals beskuldigings teen vredeliewende mense. Hulle rek hulle monde teen my oop en sê: “Ja, ons het dit self gesien.” Maar U het gesien dit is nie so nie, Here. Moet tog nie swyg nie. Moenie ver van my af bly nie, Here. Tree tog vir my in, my God. Doen tog iets aan my saak, Here. U is regverdig, Here my God, laat reg aan my geskied, sodat hulle hulle nie in my leed verlustig nie. Moenie dat hulle vir hulleself sê: “Dis mos wat ons wou gehad het” nie. Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig” nie. Laat almal wat bly is oor my ellende, teleurgestel word in hulle verwagting en self in die ellende beland. Laat oor hulle wat op my neersien, skande en smaad kom. Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word, laat hulle juig en bly wees, laat hulle altyd weer sê: “Die Here is groot. Hy sorg dat sy dienaar vrede het.” My tong sal nie stil word oor u trou nie, dag vir dag sal ek U loof.
PSALMS 35:17-28 Bybel vir almal (ABA)
Here, hoe lank sal U dit nog sien en niks doen nie? U moet my red van hierdie mense wat my wil aanval soos leeus. Ek sal vir U dankie sê in die groot volksvergadering, ek sal U prys waar almal bymekaar is. U moenie dat my vyande bly is oor wat met my gebeur nie, U moenie dat die mense wat my haat, lekkerkry nie, ek het niks verkeerd gedoen nie. Want hulle wil hê dat dit nie goed moet gaan met my nie. Hulle vertel leuens oor mense wat vir niemand in die land pla nie. Hulle maak hulle monde groot oop, hulle sê: “Ja, ons het dit self gesien!” Here, U het dit gehoor, U moenie stilbly nie. My Here, U moenie ver van my wees nie. U moet kom, my God en my Here, U moet help dat hulle my reg oordeel. U doen reg, Here my God, U moet my oordeel, U moenie dat hulle bly is oor wat met my gebeur nie. U moenie dat hulle vir hulleself kan sê: “Dit is goed, dit is wat ons wou hê, ons het hom heeltemal gewen!” U moet die mense laat verloor wat bly is omdat ek swaarkry, U moet húlle verneder. Die mense wat dink hulle is belangriker as ek, U moet húlle laat voel hoe dit is om te verloor. Maar die mense wat wil hê ek moet wen, U moet húlle laat sing en bly wees, U moet hulle laat aanhou sê: “Die Here is groot, Hy wil hê dit moet goed gaan met 'n mens wat Hom dien.” Ekself sal aanhou praat oor U wat reg gedoen het, ek sal U die hele dag lank prys.
PSALMS 35:17-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af. Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys. Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie! Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land. En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien! HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie! Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak. Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie! Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie! Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word! Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg! En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.
PSALMS 35:17-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig. Dan sal ek U in 'n volle vergadering dank en voor die hele gemeente prys. Moenie dat hulle wat sonder rede my vyande is, hulle verlustig in my leed nie. Moenie dat dié wat my sonder aanleiding haat, hulle verlustig in my leed nie. Hulle wil nie vrede hê nie, hulle kom met vals beskuldigings teen vredeliewende mense. Hulle rek hulle monde teen my oop en sê: “Ja, ons het dit self gesien.” Maar U het gesien dit is nie so nie, Here. Moet tog nie swyg nie. Moenie ver van my af bly nie, Here. Tree tog vir my in, my God. Doen tog iets aan my saak, Here. U is regverdig, Here my God, laat reg aan my geskied, sodat hulle hulle nie in my leed verlustig nie. Moenie dat hulle vir hulleself sê: “Dis mos wat ons wou gehad het” nie. Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig” nie. Laat almal wat bly is oor my ellende, teleurgestel word in hulle verwagting en self in die ellende beland. Laat oor hulle wat op my neersien, skande en smaad kom. Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word, laat hulle juig en bly wees, laat hulle altyd weer sê: “Die Here is groot. Hy sorg dat sy dienaar vrede het.” My tong sal nie stil word oor u trou nie, dag vir dag sal ek U loof.
PSALMS 35:17-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My Heer, hoe lank gaan U toekyk? Red my lewe van hulle vernietiging, my enigste lewe van die jong leeus. Dan sal ek U prys in 'n groot vergadering, tussen 'n menigte mense sal ek U loof. Laat my vyande hulle nie valslik oor my verheug nie, laat hulle wat my sonder rede haat, nie met die oog knik nie; want dit is nie vrede waaroor hulle praat nie. Teen die mense wat stil is in die land versin hulle woorde van bedrog. Ja, hulle rek hulle monde wyd oor my; hulle sê: “Aha! Aha! Ons het dit self gesien!” U het dit tog gesien, HERE, moet tog nie stilbly nie, my Heer, moenie ver van my af bly nie! Word wakker! Staan op vir my regte, vir my verdediging, my God en my Heer. Handhaaf my reg volgens u reg, HERE, my God, laat hulle nie oor my bly wees nie. Laat hulle nie in hulle hart sê, “Aha, net wat ons wou hê!” nie. Laat hulle nie sê, “Ons het hom verslind!” nie. Laat dié wat hulle oor my teenspoed verbly, almal saam beskaamd en verleë staan; laat skaamte en vernedering hulle soos klere bedek, dié wat hulle teen my groot hou. Mag dié wat graag wil hê dat reg aan my geskied, juig en bly wees en mag hulle aanhoudend sê: “Groot is die HERE, wat vrede vir sy dienskneg begeer!” My tong sal dan mymerend bly prewel oor u geregtigheid, die hele dag lank oor die lof wat U toekom.
PSALMS 35:17-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HERE, hoe lank sal U daarna kyk? red my siel van hulle ondergang, my liefling van die leeus. Ek wil U loof in die groot vergadering; Ek sal U loof onder baie mense. Laat die wat my vyande is, nie oor my bly wees nie, en laat hulle nie met die oog knip wat my sonder rede haat nie. Want hulle spreek nie vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike sake teen die wat rustig is in die land. Ja, hulle het hul mond wyd teen my oopgemaak en gesê: Aha, aha, ons oog het dit gesien. Dit het U gesien, o HERE; swyg nie; o HERE, wees nie ver van my af nie. Werk jou op en word wakker vir my oordeel, vir my saak, my God en my HERE. Oordeel my, HERE my God, volgens u geregtigheid; en laat hulle nie oor my bly wees nie. Laat hulle nie in hul hart sê: Ag, ons wil dit ook hê nie; laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie. Laat hulle beskaamd staan en saam in verwarring gebring word wat bly is oor my ongeluk; laat hulle beklee word met skande en oneer wat hulle teen My groot maak. Laat hulle jubel en bly wees, wat my regverdige saak begunstig; ja, laat hulle gedurigdeur sê: Laat die HERE groot wees wat behae het in die voorspoed van sy kneg. En my tong sal die hele dag spreek van U geregtigheid en van U lof.
PSALMS 35:17-28 Die Boodskap (DB)
Here, hoe lank gaan U nog toelaat dat daardie mense my laat swaarkry? Red my kosbare lewe uit die kloue van daardie spul. Hulle is soos ’n klomp honger leeus wat hulle prooi wil opeet. Dan sal ek U prys as al u kinders weer saam is! Tussen die menigte gelowiges sal ek U loof! Moenie dat ander bly wees as ek swaarkry nie. Hulle haat my sonder dat ek iets aan hulle gedoen het. Keer tog dat hulle bly is omdat dit sleg gaan met my. Hulle wil nie in vrede met my leef nie. Hulle vertel lelike dinge oor my. Hulle beskuldig my van goed wat ek nooit gesê of gedoen het nie. Here, U weet tog wat regtig gebeur het! Moenie die saak net so laat nie! Moenie my alleen los nie, Here! Kom verdedig my. Kom op vir my, Here. U is tog my God. Help my. U tree altyd reg op, Here, my God. Tree ook nou regverdig teenoor my op. Moenie dat hulle dit geniet as ek swaarkry nie. Daardie klomp moenie onder mekaar sê: “Goed so, presies net wat ons wou hê, het met hom gebeur” nie. Hulle moenie spog en sê: “Ons het hom tot ’n val gebring” nie. Laat almal wat bly is oor my probleme, tweede kom. Laat hulle self in die ellende beland. Laat hulle skaam en verleë staan. Maak almal wat my wil help se lewe vol vreugde. Laat hulle juig. Hulle moet aanmekaar sê: “Die Here is baie groot! Hy sorg dat elkeen wat Hom dien in vrede leef.” Ek sal ook vir almal van u regverdigheid vertel, Here. Ek sal U heeltyd prys omdat U goed is vir ons.
PSALMS 35:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe lank, HERE, sal U net toekyk? Red my van hulle vernietiging, beskerm my van hulle wat my lewe soos leeus bedreig. Dan sal ek U dank in die groot vergadering; ek sal U prys voor die groot skare van mense. Moenie toelaat dat my verraderlike vyande oor my lekkerkry, of dat hulle wat my sonder rede haat, hulle verlekker oor my leed nie. Hulle praat nie oor vrede nie, maar bedink vals beskuldigings teen onskuldige mense. Hulle rek hulle monde oop teen my en sê: “Aha! Aha! Ons het dit met ons eie oë gesien!” HERE, U het alles gesien. Moenie stilbly nie! Here, moenie ver van my af wees nie. Word wakker! Staan op! Kom tot my verdediging! Verdedig my saak, my God en my Here! Gee uitspraak oor my in ooreenstemming met u regverdigheid, HERE my God. Moenie dat hulle oor my lekkerkry nie. Moenie dat hulle sê: “Dis net wat ons wou hê!” nie. Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig!” nie. Mag hulle wat juig oor my nood, verneder word en in skande kom. Mag hulle wat op my neersien met skaamte en oneer bedek word. Laat hulle wat juig oor my vryspraak, uitroep van vreugde en blydskap. Laat hulle voortdurend sê: “Groot is die HERE wat Hom verheug in die vrede van sy dienaar.” Ek sal u geregtigheid verkondig, ek sal U die hele dag lank prys.