Psalms 18:16-36

Psalms 18:16-36 AFR20

Die beddings van die strome het sigbaar geword; die fondamente van die aarde is ontbloot deur u dreiging, HERE, deur die windvlaag uit u neus. Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, my gegryp, my uit die watermassa opgetrek. Hy het my weggeruk van my magtige vyand, weg van my haters, want hulle was sterker as ek. Op die dag van my teenspoed het hulle my ingewag, maar die HERE was vir my 'n stut: Hy het my uitgelei na 'n oopte; Hy het my bevry omdat Hy my goedgesind is. Die HERE het aan my goed gedoen op grond van my geregtigheid; omdat my hande skoon is, het Hy my vergoed. Want ek het op die HERE se paaie gebly en my nie skuldig gemaak voor my God nie. Ja, ek hou al sy wette voor oë, en sy vaste voorskrifte – daarvan wyk ek nie af nie. Ek was onberispelik voor Hom, en het my weerhou van sondeskuld. Die HERE het my vergoed op grond van my geregtigheid, omdat my hande skoon is in sy oë. Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor iemand wat onberispelik is, tree U onberispelik op; teenoor dié wat hulle rein hou, bewys U Uself rein; maar teenoor dié wat vals is, tree U berekenend op! Ja, dit is U wat 'n magtelose volk verlos en trotse oë verneder; dit is U wat my lig laat skyn, HERE. My God verlig my donkerte. Ja, met U hardloop ek 'n bende tegemoet, met my God spring ek oor 'n muur. God, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is gelouter. Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. Ja, wie is God behalwe die HERE? Wie is 'n rots buiten ons God? God is die Een wat my met krag omgord en my pad gelyk maak. Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan. Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, sodat my arms 'n bronsboog kan span. U het vir my u skild van verlossing gegee, u •regterhand ondersteun my en u antwoord maak my sterk.

Video vir Psalms 18:16-36

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 18:16-36