PSALMS 18:16-36

PSALMS 18:16-36 NLV

Die bodem van die see word sigbaar, die fondamente van die aarde word ontbloot deur die gebulder van die HERE, en die rukwind van sy asem. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, uit diepwaters het Hy my getrek. Hy verlos my van magtige vyande, van haters wat te sterk was vir my. Hulle het aangeval toe ek in die moeilikheid was, maar die HERE hou my staande. Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die HERE beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Want ek was getrou aan die voorskrifte van die HERE; ek was nie skuldig teenoor my God nie. Want sy voorskrifte het ek onderhou; en van sy bepalings nie afgewyk nie. Ek is onskuldig voor Hom; ek het weggebly van sonde. Die HERE het my opregtheid beloon, want ek was onskuldig voor Hom. Vir die getroues is U getrou; vir die opregtes is U opreg. Vir dié wat rein is, is U rein, vir dié wat vals is, is U vals. U red hulle wat nederig is, maar die hoogmoediges verneder U. U laat my lamp skyn, HERE my God. U verlig my duisternis. Met U loop ek ’n leër storm; met my God spring ek oor ’n muur. God se pad is volmaak. Die HERE se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. Want wie anders as die HERE is God? Wie anders as God is ’n rots? God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig. Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. Hy oefen my hande vir die geveg, my arms om ’n bronsboog te trek. U redding is vir my ’n skild. U regterhand ondersteun my; u hulp maak my sterk.

Video vir PSALMS 18:16-36

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 18:16-36