'n Gebed. Van Dawid. Luister tog na 'n regverdige saak, HERE, gee tog aandag aan my klaagroep, hoor my gebed wat kom oor lippe sonder bedrog. Van U af moet die oordeel oor my kom; mag u oë regverdig onderskei. U het my hart getoets, my snags ondersoek, U het my deur die smeltkroes laat gaan, maar U het niks gevind nie. Ek het my voorgeneem: My mond sal nie oortree nie. Wat die optrede van mense betref, hou ek by die woord van u lippe. Ek het die paaie van geweldenaars vermy. My voete het u paaie nougeset gevolg; my voetstappe het nie gewankel nie. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God; draai u oor na my, luister na my woorde. Wys my die wonders van u troue liefde, Verlosser van hulle wat teen teenstanders skuiling soek by u regterhand. Beskerm my soos die appel van u oog; verberg my in die skadu van u vlerke vir goddeloses wat my geweld wil aandoen, vir my vyande wat my lewe van alle kante bedreig.
Lees Psalms 17
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 17:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's