PSALMS 17:1-9
PSALMS 17:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, HERE, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is! U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie. Wat mensewerk betref – ek het volgens u voorskrifte gelewe en nie die paaie gevolg van geweldenaars nie. My voetstappe was in u voetspore. My voete het nie gewankel nie. Ek roep tot U, o God, want ek weet U sal antwoord. Draai na my toe en luister as ek bid. U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande. Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke, van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.
PSALMS 17:1-9 Bybel vir almal (ABA)
'n Gebed van Dawid. Here, U moet luister, ek is onskuldig. U moet luister wanneer ek vra dat U my moet help, U moet luister wanneer ek bid. Ek het niemand bedrieg nie. U moet sê dat ek reg gelewe het, U weet wanneer mense eerlik is. Wanneer U in die nag by my kom en kyk wat ek gedoen het, wanneer U my toets, dan sal U weet ek maak nie slegte planne nie. Wanneer ek praat, dan praat ek nie verkeerde dinge soos ander mense nie, ek doen wat U wil hê. Daarom het ek nie geword soos die mense wat altyd wil slaan en vat nie. Ek het altyd geloop waar U my gelei het, en my voet het nooit gegly nie. My God, ek bid tot U, want ek weet U sal my antwoord. U moet luister en hoor wat ek sê. U moet 'n wonderwerk doen en doen wat U belowe het, U wat die Redder is, U red mense wat vra dat U hulle by U moet beskerm teen hulle vyande. U moet my oppas soos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U, U moet my wegsteek soos 'n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke. U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen, die mense wat wil hê ek moet weg wees, my vyande wat my van al die kante aanval en wat my wil doodmaak.
PSALMS 17:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GEBED van Dawid. HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe. Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien. U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy. My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord! Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders! Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.
PSALMS 17:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gebed van Dawid. Luister tog, Here, na my regverdige saak, let op my hulpgeroep. Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid. U sal uitspraak lewer in my guns: u oë sien immers self wat reg is. As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U niks verkeerds vind nie. Oor die doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie: ek het my aan u bevel gehou. Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog na my en hoor wat ek sê. Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel.
PSALMS 17:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gebed. Van Dawid. Luister tog na 'n regverdige saak, HERE, gee tog aandag aan my klaagroep, hoor my gebed wat kom oor lippe sonder bedrog. Van U af moet die oordeel oor my kom; mag u oë regverdig onderskei. U het my hart getoets, my snags ondersoek, U het my deur die smeltkroes laat gaan, maar U het niks gevind nie. Ek het my voorgeneem: My mond sal nie oortree nie. Wat die optrede van mense betref, hou ek by die woord van u lippe. Ek het die paaie van geweldenaars vermy. My voete het u paaie nougeset gevolg; my voetstappe het nie gewankel nie. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God; draai u oor na my, luister na my woorde. Wys my die wonders van u troue liefde, Verlosser van hulle wat teen teenstanders skuiling soek by u regterhand. Beskerm my soos die appel van u oog; verberg my in die skadu van u vlerke vir goddeloses wat my geweld wil aandoen, vir my vyande wat my lewe van alle kante bedreig.
PSALMS 17:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor die regter, HERE, luister na my geroep, luister na my gebed wat nie uitgaan van geveinsde lippe nie. Laat my vonnis uit u aangesig voortkom; laat jou oë die gelyke dinge aanskou. U het my hart getoets; U het my in die nag besoek; jy het my beproef, en jy sal niks vind nie; Ek het my voorgeneem dat my mond nie sal oortree nie. Wat die werke van mense betref, deur die woord van u lippe het ek my bewaar van die paaie van die verderwer. Hou my paaie op u paaie vas, dat my voetstappe nie gly nie. Ek het U aangeroep, want U sal na my luister, O God; neig U oor tot my en luister na my woord. Toon u wonderlike goedertierenheid, o U wat die wat op U vertrou, deur U regterhand verlos van die wat teen hulle opstaan. Bewaar my soos 'n oogappel, verberg my onder die skaduwee van U vlerke, Van die goddeloses wat my verdruk, van my dodelike vyande wat my omring.
PSALMS 17:1-9 Die Boodskap (DB)
Here, help my! My saak is regverdig. Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe. Hoor tog terwyl ek na U roep! Ek is opreg as ek dit vra. Neem asseblief die regte besluite oor my lewe. U weet tog of ek eerlik en opreg is. U wou weet hoe ek optree as ek alleen is; daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak. U het my getoets. Maar U kon geen fout vind nie. Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie. Ek het net gedoen wat U van my verwag. Ek weet ek doen net wat U wil hê. Ek het net agter U aangeloop. Ek dwaal nie van u pad af nie. Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God! Draai u oor na my toe en luister na wat ek sê. Wys met wat U doen hoe lief U vir my is. Want U red mense wat by U kom wegkruip uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak. Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip. Daardie mense wil my met geweld vernietig. Hulle hou niks van my nie en storm van alle kante op my af. Hulle wil my dood sien. Hulle voel niks vir niemand.
PSALMS 17:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, HERE, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is! U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie. Wat mensewerk betref – ek het volgens u voorskrifte gelewe en nie die paaie gevolg van geweldenaars nie. My voetstappe was in u voetspore. My voete het nie gewankel nie. Ek roep tot U, o God, want ek weet U sal antwoord. Draai na my toe en luister as ek bid. U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande. Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke, van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.