Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, HERE, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is! U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie. Wat mensewerk betref – ek het volgens u voorskrifte gelewe en nie die paaie gevolg van geweldenaars nie. My voetstappe was in u voetspore. My voete het nie gewankel nie. Ek roep tot U, o God, want ek weet U sal antwoord. Draai na my toe en luister as ek bid. U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande. Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke, van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.
Lees PSALMS 17
Luister na PSALMS 17
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 17:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's