Spreuke 25:24-28

Spreuke 25:24-28 AFR20

Om op die hoek van 'n dak te woon, is beter as om 'n huis te deel met 'n bakleierige vrou. Koel water in 'n dorstige keel, so is goeie nuus uit 'n ver land. 'n Modderige fontein, 'n besoedelde bron, so is 'n regverdige wat swig voor 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, en die soeke na eie eer is oneervol. 'n Stad wat deurbreek is, sonder 'n stadsmuur, so is iemand sonder selfbeheersing.