SPREUKE 25:24-28

SPREUKE 25:24-28 AFR83

Liewer bo-op 'n dak woon as saam met 'n twisgierige vrou onder een dak. Koue water vir 'n moeë mens se dors, so is 'n goeie berig uit 'n ver land. 'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie. 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie.