Die hart van 'n wyse maak sy mond verstandig en bevorder die onderrig op sy lippe. Vriendelike woorde is 'n heuningkoek wat oorloop – soet vir die keel en helend vir die gebeente. Daar is 'n pad wat vir 'n mens reg lyk, maar dit eindig by paaie na die dood. Die eetlus van 'n werker laat hom hard werk; ja, sy mond spoor hom aan. 'n Deugniet grawe onheil uit, en op sy lippe is dit soos 'n versengende vuur. 'n Verdorwe mens ontketen stryd, en 'n kwaadstoker skei boesemvriende. 'n Man van geweld verlei sy medemens, en laat hom 'n pad loop wat nie goed is nie. Wie sy oë toeknyp, is besig om verdorwe dinge te beplan; wie sy lippe saampers, het die kwaad reeds gedoen. 'n Sierlike kroon is grysheid; op die pad van geregtigheid word dit gevind. 'n Geduldige mens is beter as 'n held, en wie sy gees beheers, is beter as iemand wat 'n stad inneem. Die lot word gewerp in die vou van die kleed, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.
Lees Spreuke 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 16:23-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's