SPREUKE 16:23-33

SPREUKE 16:23-33 NLV

’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Dit kan lyk of ’n mens reg lewe. Agterna gesien is dit die pad na die dood. ’n Werker se honger motiveer hom om te werk, sy behoefte aan kos dryf hom. ’n Nikswerd mens stook kwaad, wat hy sê, is soos ’n vernietigende vuur. Iemand wat leuens verkoop, sit rusie aan die gang. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende. Iemand wat geweld voorstaan, mislei sy naaste en lei hom op ’n verkeerde pad. Iemand wat met sy oog knik, is besig om slinkse planne uit te dink. Hy pers sy lippe saam, so vasberade is hy oor sy boosheid. Grys hare is soos ’n pragtige kroon, ’n mens kry dit by persone wat reg lewe. Dis beter om geduldig te wees as dapper. Selfbeheersing is beter as om ’n stad in te neem. Mense kan lootjies trek, maar die HERE sal bepaal wat die uitkoms sal wees.