Spreuke 13:12-14

Spreuke 13:12-14 AFR20

Onvervulde hoop maak die hart siek, maar 'n vervulde wens is 'n boom van lewe. Wie 'n opdrag met minagting bejeën – van hom word 'n pand geneem, maar wie 'n bevel eerbiedig, hy sal vergoed word. Die onderrig van 'n wyse is 'n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word.