SPREUKE 13:12-14

SPREUKE 13:12-14 NLV

Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee. Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk. Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood.