SPREUKE 13:12-14
SPREUKE 13:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig; 'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe. Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie, sal die gevolge dra; wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk. Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood vermy.
SPREUKE 13:12-14 Die Boodskap (DB)
Drome wat nie waar word nie, bring hartseer. ’n Wens wat waar word, maak die lewe die moeite werd. Wie die Here se woord verwerp, vernietig homself. Wie dit sy eie maak, is ’n gelukkige mens. Mense wat die lewe ken, kan jou baie leer. Hulle lewenswysheid is ’n onuitputlike bron van kennis. Wie dit sy eie maak, word baie ellende gespaar.
SPREUKE 13:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee. Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk. Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood.
SPREUKE 13:12-14 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens word moedeloos wanneer hy nie kry wat hy graag wil hê nie, maar hy is weer lus om te lewe wanneer hy kry wat hy wil hê. Wanneer 'n persoon nie wil doen wat 'n wyse mens vir hom leer nie, dan sal hy arm word en hy sal iemand se slaaf moet word, maar wanneer hy doen wat 'n wyse mens vir hom sê, dan sal hy 'n beloning kry. Die dinge wat 'n wyse mens vir jou leer, laat jou lewe, dit keer sodat die dood jou nie in sy vangstrik vang nie.
SPREUKE 13:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding. Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
SPREUKE 13:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig; 'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe. Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie, sal die gevolge dra; wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk. Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood vermy.
SPREUKE 13:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Onvervulde hoop maak die hart siek, maar 'n vervulde wens is 'n boom van lewe. Wie 'n opdrag met minagting bejeën – van hom word 'n pand geneem, maar wie 'n bevel eerbiedig, hy sal vergoed word. Die onderrig van 'n wyse is 'n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word.
SPREUKE 13:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Uitgestelde hoop maak die hart siek, maar as die begeerte kom, is dit 'n boom van die lewe. Wie die woord verag, sal vernietig word; maar hy wat die gebod vrees, sal beloon word. Die wet van die wyse is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.