'n Mens word moedeloos wanneer hy nie kry wat hy graag wil hê nie, maar hy is weer lus om te lewe wanneer hy kry wat hy wil hê. Wanneer 'n persoon nie wil doen wat 'n wyse mens vir hom leer nie, dan sal hy arm word en hy sal iemand se slaaf moet word, maar wanneer hy doen wat 'n wyse mens vir hom sê, dan sal hy 'n beloning kry. Die dinge wat 'n wyse mens vir jou leer, laat jou lewe, dit keer sodat die dood jou nie in sy vangstrik vang nie.
Lees Spreuke 13
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Spreuke 13:12-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's