Daarna het die HERE met Moses gepraat en gesê: “ Praat met die Israeliete, en kry by hulle stawwe, 'n staf vir elke stam; kry dit van al die leiers van hulle stamme – twaalf stawwe. Elkeen se naam moet jy op sy staf skryf. Aäron se naam moet jy op die staf van Levi skryf, want daar is net een staf vir 'n stamhoof. Sit dit dan neer in die Tent van Ontmoeting voor die Getuienis waar Ek julle sal ontmoet. En die man wat ek kies, sy staf sal bot. Ek wil ontslae raak van die gekerm van die Israeliete, wat voortdurend teen julle mor.” Moses het met die Israeliete gepraat, en al hulle leiers het vir hom 'n staf gegee, vir elke leier een staf, volgens hulle stamme, twaalf stawwe. En die staf van Aäron was ook onder hulle stawwe. Moses het die stawwe voor die HERE neergesit in die tent met die Getuienis. Die volgende dag toe Moses in die tent met die Getuienis kom, het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, begin bot! Dit het bloeisels laat uitspruit, blomme gedra en ryp amandels voortgebring.
Lees Numeri 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 17:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's