Numeri 17

17
Aäron se staf
1 Daarna het die Here met Moses gepraat en gesê: 2“ Praat met die Israeliete, en kry by hulle stawwe, 'n staf vir elke stam; kry dit van al die leiers van hulle stamme – twaalf stawwe. Elkeen se naam moet jy op sy staf skryf. 3Aäron se naam moet jy op die staf van Levi skryf, want daar is net een staf vir 'n stamhoof. 4 Sit dit dan neer in die Tent van Ontmoeting voor die Getuienis waar Ek julle sal ontmoet. 5 En die man wat ek kies, sy staf sal bot. Ek wil ontslae raak van die gekerm van die Israeliete, wat voortdurend teen julle mor.”
6Moses het met die Israeliete gepraat, en al hulle leiers het vir hom 'n staf gegee, vir elke leier een staf, volgens hulle stamme, twaalf stawwe. En die staf van Aäron was ook onder hulle stawwe. 7Moses het die stawwe voor die Here neergesit in die tent met die Getuienis.
8 Die volgende dag toe Moses in die tent met die Getuienis kom, het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, begin bot! Dit het bloeisels laat uitspruit, blomme gedra en ryp amandels voortgebring. 9Moses het toe al die stawwe wat voor die Here was, na al die Israeliete toe uitgebring. Hulle het dit gesien en elkeen het sy staf geneem.
10Die Here het vir Moses gesê: “Sit Aäron se staf weer terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die opstandiges. Jy moet 'n einde maak aan hulle gekerm by My, sodat hulle nie sterf nie.”
11Moses het dit gedoen. Soos die Here hom beveel het, presies so het hy gemaak. 12Die Israeliete het vir Moses gesê: “Kyk, ons vergaan; ons gaan tot niet. Ons gaan almal tot niet! 13 Elkeen wat enigsins nader gaan na die •tabernakel van die Here, sal sterf. Is ons dan almal bestem om te vergaan?”

Tans Gekies:

Numeri 17: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid