Matteus 7:7-11

Matteus 7:7-11 AFR20

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat vra, ontvang; en wie soek, vind; en vir wie klop, sal oopgemaak word. “Wie onder julle sal, as sy seun brood vra, vir hom 'n klip gee? Of ook, as hy 'n vis vra, vir hom 'n slang gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die •hemele goeie dinge gee vir hulle wat Hom vra!

Video for Matteus 7:7-11