Staan verslae, saaiboere; huil verdrietig, wingerdboere, oor die koring en die gars, want die oes op die land is verlore. Die wingerdstok het verdor en die vyeboom het verwelk, die granaat, selfs die palm en die appelboom. Al die bome van die veld het verdroog; ja, die mense se vreugde het ook opgedroog. Trek rouklere aan en weeklaag, priesters; huil, julle wat diens doen by die altaar. Kom, bring die nag deur in rouklere, julle wat in diens van my God staan, want •graanoffer en drankoffer word weerhou van die huis van julle God. Bepaal 'n heilige vastyd, roep 'n gewyde byeenkoms uit. Laat die oudstes en al die inwoners van die land saamkom in die huis van die HERE julle God, en roep om hulp tot die HERE! Ag, daardie dag! Ja, die dag van die HERE is naby en dit kom as verwoesting van die Almagtige af. Is die kos nie voor ons oë vernietig, en het die vreugde en blydskap nie uit die huis van ons God verdwyn nie? Die saad lê uitgedroog onder die kluite, die stoorplekke staan verlate, die graanskure is verwoes; want die koring het verdor. Hoor hoe kla die diere, die beestroppe maal rond omdat daar nie weiding vir hulle is nie, selfs die troppe kleinvee kry swaar! Tot U, HERE, roep ek! Want vuur het die weiding in die woestyn verteer, vlamme het al die bome in die veld verskroei. Selfs die diere van die veld smag na U, omdat die spruite opgedroog en vuur die weiding in die woestyn verteer het.
Lees Joël 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Joël 1:11-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's