Rigters 15:18-20

Rigters 15:18-20 AFR20

Hy was baie dors en het na die HERE geroep. Hy het gesê: “Dit is U wat deur die hand van u dienskneg hierdie groot oorwinning bewerk het. Moet ek dan nou van die dors sterf, en in die hand van die onbesnedenes val?” Daarop het God die hol plek wat by Legi is, oopgekloof en daar het water uitgekom. Simson het gedrink, sy asem teruggekry en weer nuwe lewe gehad. Daarom noem hulle dit En-Hakkore, wat in Legi is; dit is vandag nog so. Hy het Israel in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank gerig.