RIGTERS 15:18-20
RIGTERS 15:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?” Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem. Simson was in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank leier van die Israeliete.
RIGTERS 15:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Hy was baie dors en hy het tot die Here gebid en gevra: “U het my, u dienaar, laat wen. Wil U nou hê ek moet sterf omdat ek nie water het nie? En wil U hê die Filistyne moet my vang, die Filistyne wat nie u mense is nie?” Daar was 'n gat in die rots by Legi. Die Here het die rots oopgebreek, en daar het water uitgekom. Simson het water gedrink en hy het weer sterk geword. Die fontein is nou nog daar by Legi. Die mense noem dit “Roeper-fontein.” Simson was 20 jaar lank 'n leier van die Israeliete in die tyd toe die Filistyne oor hulle regeer het.
RIGTERS 15:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val? Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is. En hy het Israel gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.
RIGTERS 15:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?” Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem. Simson was in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank leier van die Israeliete.
RIGTERS 15:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was baie dors en het na die HERE geroep. Hy het gesê: “Dit is U wat deur die hand van u dienskneg hierdie groot oorwinning bewerk het. Moet ek dan nou van die dors sterf, en in die hand van die onbesnedenes val?” Daarop het God die hol plek wat by Legi is, oopgekloof en daar het water uitgekom. Simson het gedrink, sy asem teruggekry en weer nuwe lewe gehad. Daarom noem hulle dit En-Hakkore, wat in Legi is; dit is vandag nog so. Hy het Israel in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank gerig.
RIGTERS 15:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het baie dors gekry en die HERE aangeroep en gesê: U het hierdie groot verlossing in die hand van u kneg gegee, en nou sal ek van die dors sterf en in die hand van die onbesnedenes val? Maar God het 'n hol plek gekloof wat in die kakebeen was, en daar het water daaruit gekom; en nadat hy gedrink het, het sy gees weer gekom, en hy het lewend geword; daarom het hy die naam daarvan Enhakkore genoem, wat in Lehi is tot vandag toe. En hy het Israel gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.
RIGTERS 15:18-20 Die Boodskap (DB)
Hierna was Simson baie dors en het hy vir die Here gesê: “U het nou hierdie groot oorwinning van my oor die Filistyne moontlik gemaak. Moet ek nou van die dors doodgaan en in die hande van dié klomp heidene val?” Toe het God water uit ’n fontein daar in Legi laat uitborrel en Simson kon sy dors les en so sy krag herwin. Daarom word die fontein Roepersfontein genoem. Dit is vandag nog in Legi. Simson was in die regeringstyd van die Filistyne twintig jaar lank die leier van Israel.
RIGTERS 15:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Simson het toe baie dors geword. Hy het na die HERE geroep: “U het vir u dienskneg hierdie groot oorwinning gegee. Moet ek nou van dors doodgaan en in die mag van heidene val?” Toe het God water uit ’n holte by Legi laat borrel. Simson het gedrink en sy krag het teruggekom. Hy het die fontein in Legi “Roepersfontein” genoem. Dit is vandag nog sy naam. In die twintig jaar wat die Filistyne oor hulle geheers het, was Simson die leier van Israel.