Hosea 3

3
Nuwe opdrag van die Here
1 Die Here het vir my gesê:
“Gaan weer, gaan bemin 'n vrou
wat bemin word deur 'n vriend,
en wat egbreuk pleeg;
soos die Here die Israeliete liefhet,
terwyl hulle na ander gode draai
en van rosynekoeke hou.”
2Ek het haar toe vir my gehuur vir vyftien silwerstukke en 'n gomer en 'n letek gars. 3 Ek het vir haar gesê:
“Vir 'n lang tyd moet jy by my bly.
Jy mag nie hoereer nie,
en jy mag nie aan 'n man behoort nie.
Ek sal ook so teenoor jou optree.”
4Want vir 'n lang tyd sal die Israeliete
sonder 'n koning en •hoë amptenare,
sonder offers en gedenkstene,
sonder efod en huisgode moet bly.
5 Daarna sal die Israeliete terugkeer
en die Here, hulle God, soek,
en Dawid, hulle koning.
Ja, hulle sal bewend na die Here gaan,
en na sy goedheid in die laaste dae.

Tans Gekies:

Hosea 3: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid