“ Toe Israel 'n kind was, het Ek hom al liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. Toe daar later net so na hulle geroep is, het hulle van My af weggegaan. Hulle het vir die Baäls offers geslag, vir afgodsbeelde die rook van offers laat opstyg. “ Ek self het Efraim leer loop, Ek het hulle in my arms geneem, maar hulle wou nie erken dat Ek hulle versorg nie. “Met menslike bande het Ek hulle nadergetrek, met die toue van liefde. Ek was vir hulle soos dié wat die juk lig wat teen hulle kake druk. Ek het na Efraim afgebuk, hom gevoed. “ Hy sal nie na Egipteland teruggaan nie, maar Assirië, dié sal sy koning wees; want hulle het geweier om hulle te bekeer. Die swaard sal deur sy stede gaan en sy orakelpriesters uitroei; dit sal hulle vernietig oor die raad wat hulle gegee het. My volk sal opgehang word vir sy afvalligheid, en na die juk sal hulle hom roep, 'n juk wat glad nie gelig sal word nie. “Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel? Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma, jou maak soos Sebojim? My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My. Ek sal nie in my brandende toorn optree nie; Ek sal nie omdraai en Efraim vernietig nie; want Ek is God, nie 'n mens nie – die Heilige in jou midde; Ek sal nie in woede kom nie.”
Lees Hosea 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hosea 11:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's