Eksodus 4:18-26

Eksodus 4:18-26 AFR20

Moses het toe gegaan, en teruggekeer na Jetro, sy skoonvader, en vir hom gesê: “Ek wil graag gaan en na my volksgenote wat in Egipte is, terugkeer, sodat ek kan sien of hulle nog leef.” Jetro sê toe vir Moses: “Gaan in vrede!” Die HERE het vir Moses in Midian gesê: “Gaan terug na Egipte, want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.” Moses neem toe sy vrou en sy seuns, sit hulle op 'n donkie en gaan terug na Egipteland. Moses het die staf van God in sy hand gehad. Die HERE het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan na Egipte, sien toe dat jy al die tekens waartoe Ek jou in staat stel, voor die farao doen. Maar Ek sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie. Dan moet jy vir die farao sê, ‘So sê die HERE: “My eersgebore seun is Israel. Ek het vir jou gesê, ‘Laat my seun gaan, sodat hy My kan dien.’ Maar jy het geweier om hom te laat gaan. Kyk, Ek gaan jou eersgebore seun om die lewe bring. ” ’ ” Op pad, by 'n oornagplek, het die HERE op Moses afgekom en wou hom doodmaak. Sippora neem toe 'n vuurklip en sny haar seun se voorhuid af. Sy het Moses se voete aangeraak en gesê: “Jy is vir my 'n bloedbruidegom. ” Die HERE het hom toe met rus gelaat. Dit is toe dat sy “bloedbruidegom” gesê het, met verwysing na die besnydenis.

Video vir Eksodus 4:18-26