Eksodus 30:12-16

Eksodus 30:12-16 AFR20

“Wanneer jy 'n hoofdelike telling hou van die Israeliete, van dié wat ingeskryf is, moet elkeen van hulle vir die HERE losgeld vir sy lewe gee wanneer hulle getel word, sodat wanneer hulle getel word, daar geen plaag onder hulle sal uitbreek nie. Dit is wat elkeen moet gee wanneer hy getel is: 'n halwe sikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, – twintig gera is 'n sikkel. Die halwe sikkel is 'n •wydingsgeskenk aan die HERE. Elkeen wat getel is, van twintig jaar en ouer, moet die HERE se wydingsgeskenk gee. Rykes moet nie meer gee nie, en armes nie minder nie as die halwe sikkel wat gegee moet word as die HERE se wydingsgeskenk om versoening te doen vir julle lewens. Jy moet die silwer vir die versoening van die Israeliete in ontvangs neem, en dit gebruik vir die dienswerk in die Tent van Ontmoeting. Dit sal vir die Israeliete dien as herinnering voor die HERE om versoening te doen vir julle lewens.”

Video for Eksodus 30:12-16

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 30:12-16