EKSODUS 30:12-16

EKSODUS 30:12-16 NLV

“Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wat getel is ’n afkoopsom vir homself aan die HERE betaal. Geen ramp sal hulle dan tref wanneer jy hulle tel nie. “Elkeen wat getel word, moet ses gram silwer vir die HERE betaal. Dit is volgens die eenheid wat by die heiligdom gebruik word. Elkeen bo twintig jaar oud moet hierdie afkoopsom vir die HERE betaal. Wanneer hulle hierdie afkoopsom vir hulleself betaal, moet dié wat ryk is nie meer gee en dié wat arm is nie minder betaal nie. Gebruik hierdie geld vir die diens by die tabernakel. Dit sal die Israeliete daaraan herinner dat die HERE hulle lewens losgekoop het.”

Video for EKSODUS 30:12-16

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 30:12-16