Ester 6

6
Verering van Mordegai
1 Daardie nag het die slaap die koning ontwyk. Hy het beveel dat die boekrol met die amptelike kronieke, die verslag van daaglikse gebeure, gebring moet word. Toe dit aan die koning voorgelees is, 2het hulle op 'n inskrywing afgekom dat dit Mordegai was wat onthul het dat die koning se twee paleisamptenare, Bigtan en Teres, die deurwagters, daarop uit was om koning Ahasveros te vermoor. 3 “Watter eer en erkenning het Mordegai daarvoor ontvang?” het die koning gevra. Die jong manne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: “Daar is niks vir hom gedoen nie.” 4 Die koning het gevra: “Wie is in die voorhof?” Haman het pas ingekom na die buitenste voorhof van die koninklike paleis om die koning te vra om Mordegai te hang aan die paal wat hy vir hom gereedgemaak het. 5Die jong manne van die koning het geantwoord: “Kyk, dit is Haman wat in die voorhof staan.” “Laat hom binnekom,” het die koning beveel. 6 Toe Haman binnekom, het die koning hom gevra: “Wat moet gedoen word met iemand aan wie die koning graag eer wil betoon?” Haman het in sy hart gesê: “Aan wie anders as aan my sou die koning graag eer wil betoon?” 7Haman antwoord die koning: “Iemand aan wie die koning graag eer wil betoon – 8 vir so iemand moet 'n koninklike kleed gebring word wat die koning self gedra het, en 'n perd waarop die koning self gery het, en wat 'n koninklike hooftooisel op sy kop het. 9Die kleed en die perd moet gegee word aan een van die vooraanstaande •hoë amptenare van die koning, en hy moet die kleed vir die man vir wie die koning graag wil vereer, aantrek. En hulle moet hom op die perd laat ry oor die stadsplein en voor hom uitroep, ‘So word gemaak met iemand vir wie die koning graag wil vereer!’ ” 10 Die koning het vir Haman gesê: “Maak gou, neem die kleed en die perd soos jy voorgestel het en maak net so met Mordegai, die Jood, wat in die koningspoort sit. Moet niks uitlaat van alles wat jy voorgestel het nie!” 11Haman het die kleed en die perd geneem. Hy het die kleed om Mordegai gehang en hom oor die stadsplein laat ry en voor hom uitgeroep: “So word gemaak met iemand vir wie die koning graag wil vereer!” 12 Mordegai het hierna teruggegaan na die koningspoort, maar Haman is haastig terug na sy huis, bedroef en met 'n bedekte hoof.
13 Haman het vir sy vrou Seres en sy vriende alles vertel wat met hom gebeur het. Sy raadgewers en sy vrou Seres het vir hom gesê: “As Mordegai, voor wie jou val al begin het, van die Joodse volk afkomstig is, sal jy hom nie kan oorwin nie; jy sal beslis voor hom tot 'n val kom.” 14 Terwyl hulle nog besig was om met hom te praat, het die paleisamptenare van die koning daar aangekom. Hulle was haastig om Haman na die feesmaal te neem wat Ester voorberei het.

Tans Gekies:

Ester 6: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid