Toe koning Dawid by Bagurim kom, kom daar skielik 'n man uit die dorp, 'n verlangse familielid van Saul; sy naam was Simeï, seun van Gera. Terwyl hy uitkom, skel hy en gooi klippe na Dawid en al die amptenare van koning Dawid, al was die mense en al die krygsmanne aan sy regter- en aan sy linkerkant. Dit is wat Simeï al skellend gesê het: “Uit hier! Uit hier, jou moordenaar, jou skobbejak! Die HERE het al die bloedvergieting in die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom. Die HERE het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee. En hier sit jy nou met jou eie teenspoed, omdat jy 'n moordenaar is.” Abisai, seun van Seruja, sê toe vir die koning: “Waarom skel hierdie dooie hond my heer die koning uit? Laat ek tog daarheen gaan en sy kop afkap.” Maar die koning het geantwoord: “Hoe moet ek julle verstaan, seuns van Seruja? Hy skel so omdat die HERE vir hom gesê het, ‘Skel Dawid uit!’ Wie kan dan sê, ‘Waarom maak jy so?’ ” Dawid het vir Abisai en al sy dienaars gesê: “Kyk, my seun wat ek self verwek het, soek my lewe – hoeveel te meer dan nou hierdie Benjaminiet? Laat hom met rus; laat hom skel as die HERE dit vir hom gesê het. Miskien sien die HERE my trane raak en laat die HERE weer vir my die goeie terugkeer in die plek van Simeï se geskel op hierdie dag.” Dawid en sy manne het padlangs gehou, en Simeï het naby hom al langs die rant gestap, terwyl hy loop en skel en klippe en los grond in sy rigting gooi.
Lees 2 Samuel 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Samuel 16:5-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's