Toe Dawid en sy geselskap by Bagurim aankom, kom ’n man uit die dorp en vloek hulle so ver as wat hy gaan. Sy naam was Simeï, seun van Gera en ’n lid van Saul se familie. Hy het klippe gegooi na die koning en sy amptenare, asook na die dapper krygsmanne wat links en regs van die koning was. Terwyl hy klippe gooi, skree hy: “Maak dat jy wegkom, jou moordenaar, jou skurk! Die HERE vergeld jou nou omdat jy Saul en sy familie uitgeroei en in sy plek koning geword het. Nou gee die HERE dit aan jou seun Absalom, terwyl die onheil jou tref omdat jy ’n moordenaar is!” “Hoekom laat u toe dat hierdie lae hond my heer die koning vloek?” vra Abisai, seun van Seruja, vir die koning. “Laat ek tog sy kop van hom gaan afkap!” “Nee!” sê die koning. “Dit het niks met my of julle te doen nie, seuns van Seruja. Hy vloek so omdat die HERE vir hom gesê het ‘Vloek Dawid’. Laat hy dit maar doen. Wie kan dan vra: ‘Hoekom doen jy dit?’” Dawid sê verder vir Abisai en die amptenare: “My eie seun probeer my doodmaak. Hoeveel te meer hierdie Benjaminiet? Los hom uit en laat hom vloek, want die HERE het vir hom gesê om dit te doen. Dalk sal die HERE my swaarkry raaksien en my seën as gevolg van hierdie vervloekings.” Dawid en sy mense het verder getrek. Simeï het op die oorkantse heuwel gelyk met hulle geloop en gedurig bly vloek, klippe gegooi en stof opgeskop.
Lees 2 SAMUEL 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 SAMUEL 16:5-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's