Ons weet tog dat wanneer ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het wat van God kom, 'n ewige woning in die hemele, wat nie met hande gemaak is nie. En daarom sug ons, want ons verlang intens daarna om met ons woning vanuit die hemel beklee te word. As ons net nie ontklee en nakend gevind sal word nie! Want ons wat nog in die tentwoning is, sug as mense wat swaarkry, omdat ons nie ontklee nie, maar geklee wil word, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe. Hy wat ons juis hiervoor voorberei het, is God, wat aan ons die Gees as waarborg gegee het. Daarom is ons altyd vol moed, al weet ons dat, terwyl ons nog in die aardse liggaam woon, ons nie by die Here woon nie; want ons leef deur geloof, nie deur aanskoue nie. Ons bly egter vol moed, al verkies ons om eerder uit die liggaam te verhuis en by die Here te woon. Daarom, of ons reeds inwoon, of nog nie inwoon nie, streef ons daarna om vir Hom welgevallig te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van •Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in sy liggaamlike bestaan gedoen het, of dit goed of kwaad was.
Lees 2 Korinthiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Korinthiërs 5:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's