Maar julle, broers, is nie in die duisternis nie, sodat dié dag julle nie soos 'n dief sal oorval nie. Julle is immers almal kinders van die lig en kinders van die dag. Ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar waaksaam en nugter wees! Want hulle wat slaap, slaap snags, en diegene wat hulle dronk drink, doen dit snags. Laat ons wat van die dag is, egter nugter wees, noudat ons die borsplaat van geloof en liefde, en die helm van hoop op verlossing, aangetrek het. Want God het ons nie tot veroordeling bestem nie, maar om deur ons Here Jesus •Christus verlossing te verkry, Hy wat ter wille van ons gesterf het, sodat ons, of ons wakker is of slaap, saam met Hom kan leef. Daarom, bemoedig mekaar, en laat die een die ander in die geloof opbou, soos julle inderdaad doen.
Lees 1 Thessalonisense 5
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Thessalonisense 5:4-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's