Maar, broers, julle leef nie in die duisternis nie; dié dag sal julle nie soos 'n dief oorval nie. Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees. Dié wat slaap, is van die nag; en dié wat hulle dronk drink, is van die nag. Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm. God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe. Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.
Lees 1 TESSALONISENSE 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 TESSALONISENSE 5:4-11
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
18 Days
Take a step inside Lecrae’s personal reflection on Restoration for insights on developing deeper intimacy with God in the midst of pain and brokenness. Now including new content!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's