1 Thessalonisense 5:16-28

1 Thessalonisense 5:16-28 AFR20

Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in •Christus Jesus. Moenie die Gees blus nie; moenie profesieë geringskat nie, maar ondersoek alle dinge; behou die goeie; vermy elke vorm van boosheid. En mag God self, die God van vrede, julle in elke opsig heilig maak; en mag julle volledig na gees, siel en liggaam, vlekkeloos bewaar word, tot ons Here Jesus •Christus kom. Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen. Broers, bid ook vir ons. Groet al die broers met 'n heilige soen. Ek versoek julle plegtig voor die Here dat hierdie brief aan al die broers voorgelees word. Die genade van ons Here Jesus •Christus bly met julle!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid