1 Samuel 15:24-31

1 Samuel 15:24-31 AFR20

Toe sê Saul vir Samuel: “Ek het gesondig, ja, ek het die bevel van die HERE en u opdragte oortree, omdat ek bang was vir die manskappe en na hulle geluister het. Vergewe nou asseblief my sonde en gaan saam met my terug, sodat ek voor die HERE in aanbidding kan buig.” Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het die HERE jou verwerp as koning oor Israel.” Toe Samuel omdraai om te loop, gryp Saul die soom van sy mantel, en dit het geskeur. Samuel sê toe vir hom: “Die HERE het vandag die koningskap van Israel van jou afgeskeur en Hy het dit aan jou medemens gegee wat beter as jy is. Verder, die Ewige van Israel breek nie sy woord nie, en Hy is nie spyt daaroor nie; Hy is immers nie 'n mens nie, dat Hy spyt sou kry nie. ” “Ek het gesondig,” het Saul gesê. “Handhaaf nou asseblief my eer voor die oudstes van my volk en voor Israel, en gaan saam met my terug, dat ek voor die HERE, u God, in aanbidding kan buig.” Samuel het toe teruggegaan, agter Saul aan, en Saul het voor die HERE in aanbidding gebuig.