Hy sê: “Prinses, jou twee voete is baie mooi in jou sandale, jou heupe lyk soos juwele wat 'n ambagsman gemaak het. Jou naeltjie is soos 'n ronde bak, vol kruiewyn, jou lyf is soos 'n hoop koring met blomme rondom. Jou twee borste is soos twee jong takbokkies, soos die tweeling-lammers van 'n gasel. Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë is soos die damme by die stad Gesbon, soos die damme by die poort van Bat-Rabbim, jou neus is soos die toring op die Libanon-berg wat na die stad Damaskus kyk. Jou kop is soos die Karmel-berg, jou hare is soos die klere wat konings dra, die koning hou aan om daarna te kyk. My liefste, jy is baie mooi, baie pragtig. Jy het baie dinge wat ek kan geniet. Jy staan so regop soos 'n palmboom, en jou borste is soos trosse dadels. Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom, ek wil sy trosse dadels pluk. Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe, jou neus moet ruik soos appels, jou mond moet smaak soos goeie wyn.”
Lees Hooglied 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Hooglied 7:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's